|
We had a fantastic time. A big thank you for arranging such an unforgettable dinner. The setting and decor was the best we ever had, and the food was so good we asked the cook to come so that we could thank him. A special thanks to the staff who cared for us Cashin ( one of a kind...plse look after him...nothing was too much for him), Catherin (always smiling, helpful and very pleasant), Justice the driver and game ranger, who took us on a great game drive on Sunday morning which covered trees and animals, and who drove with special care when our daughter had fallen asleep; Johanna who looked after Cheyenne so well, and Makotso ( Mother of Peace) who was part of those who gave us the massage, and who kept looking after our needs until we left the river. We also enjoyed Mystic Monkey, and I was able to have a chat with the owner. Justice showed us some more BIG Monkey Thorn Trees on the game drive, and they all had incredible energy, and communicated with me. For now...Baaaaaaaie DANKIE, and have a blessed evening Thom, Rita, Cheyenne ________________________________________________________________
Sjoe, uiteindelik is my ma se verjaarsdag nou verby en hiermee wil ek darem net ‘'n briefie stuur om te sê baie baie baie dankie dat julle by Tsukudu Lodge gehelp het sodat die dag vir haar spesiaal was. ‘'n Mens is maar altyd skrikkerig as jy alles oor die foon reël dat van die dinge tog agterweë gaan bly maar ek moet sê julle het my glad nie teleurgestel nie. Dan ook baie baie dankie aan die Chef wat soveel moeite gedoen het met die kos – dit was heerlik en almal het net komplimente gehad oor die kos en die nagereg. Nogmaals baie dankie en ons sal julle beslis weer sien. Groete Retha Bruwer ________________________________________________________________ Hiermee net 'n opregte woord van dank aan almal van julle wat my man se verjaarsdag vir ons heerlik gemaak het! Al jul personeel is fantasties. 'n Besigheid se personeel is sy bates en ons kon sien dat hulle hul werk geniet en dat hulle goed opgelei is. Ons gaste was ook gaande oor die rustige, mooi en goed versorgde omgewing. Die wat Mystic Monkeys toe was, is net so beïndruk. Die wat nie daar was nie het aangedui dat hulle definitief in die toekoms 'n daguitstappie van alle aantrekkings daar sal maak.Wees asseblief verseker dat ons julle met hartlikheid sal aanbeveel by enige persoon wat 'n oulike plek soek vir 'n funksie Nogmaals hartlike dank vir 'n heerlike wegbreek en funksie. Groete Magda Malan (van Schoor) ________________________________________________________________ Baie dankie, ons het dit vreeslik geniet by julle. Alles was so skoon enmooi onderhou. Ons kom verseker terug!! Janine ________________________________________________________________ Ek wil net namens my vrou en myself vir Tshukudu Lodge en al sy personeel baie,baie dankie se dat julle ons verblyf so spesiaal gemaak het.Dit was vir ons n besondere aangename tyd en julle het dit vir ons so besonders gemaak dat ons dit nooit sal vergeet nie. Julle diens is onverbeterlik en die kos is uit die boeke uit. Daar is net nie fout te vind nie,hou so aan met julle goeie werk,en ons sal almal wat ons kan na julle verwys. Dra asseblief ook ons dank oor aan die eienaar Willie Zaayman. Weereens baie dankie,en ons sien julle definitief binnekort weer. GroeteDricus Brits ________________________________________________________________ Thank you for your email and follow up, it is much appreciated. We had a stunning time at Tshukudu Lodge and were very spoiled by all your staff.Staff is extremely friendly and accommodating and it was a total pleasure to interact with each one of them. You have a brilliant chef who knows what he is doing and his meals are out of this world - when we said goodbye, I pleaded with Daniel to come and cook for me, but he wouldn't, he said he was very happy with you, which says a lot, right ?? :-)) We have seldom seen a lodge so well 'groomed' and so clean and we just LOVED the attention to detail, from the gardens to the bathrooms !The zoo is another highlight, Jabu and Katy are very special and loved all the attention we gave them in the short time we had to 'play' with them.Tigers and lions and bloubokkie are a feast for the eye and all the animals are happy and well cared for, we saw no pacing up and down, no destructive behaviour and no frustration from the animals. Cages are clean, animals are well fed and have toys / jungle gyms to keep them occupied - well done to Christa and all the staff, it is a true WOW experience !!!!!!!You have been warned : we will be back !! :-))Take care, all of you and keep up the excellent work and commitment.Fondly,Mrs. Heidi Tietz ________________________________________________________________ Ek wil graag dankie sê vir ‘n ongelooflike ondervinding. Tshukudu Lodge (Mystic Monkeys and Feathers) is ‘n juweel van ‘n plek. Ons het die uitstappie vir my dogtertjie se verjaarsdag op Vrydag 8 Januarie baie geniet. Alles was presies soos ons gereel het en niks was vir niemand te veel gevra nie. Ons gids, Sylvia is ‘n pragtige mens. Sy het ons vriendelik begelei en bekendgestel aan die wonder wereld van elke aap, dier en voël, sy het ook met die wereld se geduld elke vraag beantwoord ( glo my daar was baie!). Die park, elke hok en die tuine is pragtig, so netjies en skoon, in vandag se tyd is dit nogal raar, maar word regtig waardeer. Natuurlik was die ontmoeting met Jabu, die jagluiperd een van die hoogte punte van die dag en sal dit lank onthou word, deur jonk en oud! Die Lodge was ‘n oasis na die kuier in die hitte van die bosveld son, ons het heerlik geeet en die diens was vriendelik. Dit was wel ons eerste besoek maar beslis nie ons laaste! Vriendelike groet Fransisca van Zyl. ________________________________________________________________ Februarie 2010 Geagte Christa Ek wil graag van die geleentheid gebruik maak om jou te bedank vir 'n plek soos Mystic Monkeys! Ek en my man, Martin was Donderdag die 18de Februarie by julle, nadat ek jul website beloer het. Dit was een groot verassing op die ander. Van die ontvangs personeel tot ons toergids, Andrea Engerlbreght. Hulle kon al ons vrae beantwoord. Andrea het nie omgegee om moeite te doen om ons as veeleisende bewonderaars van alle diere, veral die Capuchin monkey, vossie, tiere, leeus en natuurlik die jagluiperds! Vir haar ouderdom het sy 'n magdom kennis, sy het werklik uit haar pad uit gegaan om dit vir ons die mees onvergeetlikste dag ooit te maak. Sy was heeltyd opgewek en het alles interessant gehou. Christa, jy het definitief 'n wenresep! Jou hokke en terein was van die hoogste gehalte en jou diere in 'n uitstekende toestand! Ek is totaal verslaaf aan Mystic Monkeys en sal wyd en suid verkondig dat almal jul moet kom besoek!!! Vit die eerste keer verstaan ek wat beteken "tranquility". Mag jy, jou personeel, en diertjies ryklik geseen word. Baie dankie!!! Stephnie Smit ________________________________________________________________ |